Ons
Bedienings
Eredienste
- Eredienstye is 09:00 – tensy dit anders aangedui
is (bv Kersfees en Goeie Vrydag 08:00). - Ons Kuier en drink tee/koffie gewoonlik gedurende Sondae in die skoolkwartale direk na
die erediens. - Die eerste Sondag na ‘n skoolvakansie het ons
gewoonlik ‘n Gemeentekuier wanneer ons direk na die erdiens ook iets te ete geniet.
Die Klimaat in die erediens het te doen met ons Bewustheid van die teenwoordigheid van God.
WAT GEBEUR ALLES IN DIE EREDIENS?
- Ons kom in die teenwoordigheid van die lewende, God (Vader, Seun en Heilige Gees) met lofprysing en aanbidding.
- In die erediens wil ons saam ervaar hoe ons binne God se kragveld sy vergewende, helende en
lewensveranderende liefde ons lewe ervaar. - Die erediens is die plek waarheen ons kan kom met pyn, vrees, ellende en moedeloosheid waarmee ons nie raad het nie – in die wete dat die Here daar is en ons kán help.
- Die erediens is vir ons dié geloofsgesinsgeleentheid!
- Hierdie diensgroep wil gasvryheid in en rondom ons eredienste bevorder.
Gemeentebediening
- Die Pastorale Versorging van die gemeente is vir
ons belangrik. - Ons doen graag Huisbesoek en Krisis –
/Siekebesoeke. Ons het ‘n program waarvolgens
hierdie werk gedoen word, maar u kan enige
predikant enige tyd vir ‘n besoek kontak. - Die Toerusting van Leiers in die gemeente is vir ons ook belangrik.
- Leiers wat bereid is om TE DIEN werk vir ons.
Hierdie onselfsugtige diensbaarheid is die mees kenmerkende eienskap en karaktertrek van Jesus se lewe: “…die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so sy lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.” (Mark 10:45). - Hierdie bedieningsgroep inisieer ook die
Toerusting van Lidmate. Waarom? Soos DL Moody gesê het: “Die Bybel is nie aan ons gegee om ons kennis uit te brei nie, maar om ons lewe te verander”. Dit verander mense. Ons doelwit is ‘n karakter soos Christus s’n. - Hierdie diensterrein reël ook die aktiwiteite vir die
Afgetredenes.
Gesinsbediening
Gesinsbediening gaan om die toerusting,
ondersteuning en geleenthede te skep waar alle
generasies by mekaar kan leer, saam hul geloof
ervaar en uitleef. “Inter-ouderdom” of
intergenerasionele bediening verwys na
geleenthede waar verskillende ouderdomme (en
soorte) mense intensioneel byeengebring word
met die doel om saam uitdrukking te gee aan
ons geloof. Grootmense het kinders nodig –
kinders het grootmense nodig. Ons het mekaar
nodig. Dit is ’n bediening aan alle tipes gesinne
(enkellopendes, enkel ouerskap, huwelike, en
meer), maar ook ’n bediening deur gesinne. Ons
vertrekpunt is die verbond. God se verbond met
elke lidmaat bind ons aan Hom en aan mekaar.
• Ons wil ‘n Familie-vriendelike kultuur in die
gemeente en in die gemeenskap skep.
• Ons glo dat geloofsvorming primêr by die
huis plaasvind, daarom het die gemeente die
verantwoordelikheid om ouers te bemagtig
om met hul kinders oor geloof te praat, terwyl
kinders ook bemagtig word om hul geloof uit
te druk.
Sending
Christenskap is Dissipelskap.
Ons Visie is: Dissipels maak Dissipels.
Christen wees is om gestuur te wees
God het vir jóú ‘n opdrag gegee. Dit word die “groot
sendingopdrag” genoem: “Gaan dan na al die
nasies toe en maak die mense my dissipels…”
(Mat 28:19,20; Joh 20:21; Hand 1:8. )
Die kerk doen nie sending as net nóg ‘n agendapunt nie. Die Kerk is Sending.
Hoe word/maak ons mense dissipels van Jesus?
- Ons gemeente het
Verskeie Sendingprojekte: - Die vertrekpunt is Geloofsekerheid vir elke
lidmaat en Elke Huis vir Christus-Projek. - In ons onmiddellike omgewing versprei ons
Bybels en ander Christelike materiaal via die Bybelkiosk. - In die gemeente inisieer hierdie bediening ook
die Gemeentebidure. - Die gemeente ondersteun deur geloofsoffers
en voorbidding ‘n groot getal Sendelinge in
Suid-Afrika, Afrika en in die buiteland.
Hulpverlening
Ons wil behoeftige, gesinne en instansies binne en buite ons gemeentegrense ondersteun met voedsel, klere, vertroosting en bemoediging
deur middel van verskeie projekte.
Hoe doen ons dit?
Voorbidding | Ruimhartigheid | Ondersteuning |
Bereidwilligheid | Donasies | Vrywilligers | Voedingskema
Jaarliks, tydens Kersfees & Pinkster loods die
Barmhartigheidsdiensgroep die “Emmers van Hoop”
projek, waar ons dan die gevulde emmers oorhandig aan geïdentifisseerde organisasies of begunstigdes om sodoende ’n tasbare verskil in mense se lewens te bring
en vir hul hoop te gee.
Voedingskema
Hierdie diensgroep doen die aankope en verspreiding van die kospakkies.
Ondersteuningsgroepe
Hierdie groepe bied verskeie ondersteuningsdienste aan:
- Bejaardes in verskeie tehuise.
- Naasbestaandes waar ‘n geliefde oorlede is.
- Siekebesoeke aan individue in die hospitaal en tuis.
- Ondersteuning word ook aan hul gesinne gebied.
Steunfunksies
Diensverhoudinge
Hierdie diensgroep kyk na die kontrakte, welstand en verhoudinge van al die werknemers van die kerk
Eiendomme
Hierdie diensgroep neem verantwoordelikheid van al die kerklike eiendomme
Finansies
Hierdie diensgroep bestuur die kerklike finansies
Administrasie
Hierdie diensgroep hanteer al die administratiewe funksies
van die gemeente.
Strategiesebeplanning
Hierdie diensgroep evalueer, beplan en implementeer die
gemeente se strategie.
Kerkreg
Hierdie diensgroep hanteer alle kerkregtelike sake.
Sonder die steunfunksies kan ons nie kerk wees nie.
Dankie aan elkeen wat deel is van hierdie spanne.
Wil jy hier ‘n lidmaat word?
As jy belangstel om in te skakel by die NGKWS vul asseblief die onderstaande vorm in en stuur dit aan ons. Ons sal jou kontak en die proses van Lidmaatskap verduidelik.
Jy is outomaties lid van die universele kerk wanneer jy jou lewe vir Christus gee, maar elkeen van ons is verantwoordelik om self ’n keuse te maak waar ons by ’n plaaslike gemeente wil inskakel. Jy word lid van ’n plaaslike gemeente deur jouself te commit tot daardie gemeente.